Martelize stel nuwe kookboek op Wellington bekend – jy is genooi

Gewilde RSG-omroeper Martelize Brink is Saterdag 18 November in Wellington om haar nuwe resepteboek, Martelize Kook: Jy’s Genooi”, bekend te stel. Dit vind plaas by The Perfect Place-restaurant in Kerkstraat 66.

Volgens Brink is sy oneindig dankbaar dat sy grootgeword het in ’n huis waar kinders in die kombuis welkom was en waar sy van jongs af geleer is om met geure en teksture te eksperimenteer.

Een van die resepte in die boek is dié van koeksisters wat oor die vuur gebraai kan word. Sy’t dit kleintyd saam met haar pa, die “Potjiekoskoning”, wyle ds Matie Brink van die Paarl, gemaak.

Boeke sal te koop wees en ligte versnapering sal bedien word.

Toegang is gratis maar plek is beperk. Dit is daarom belangrik om teen Woensdag 15 November by Peggy Duvenage (078 407 3265) of Susan van Rensburg van The Perfect Place (021 873 6620) te RSVP.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.