Martelize Kook! in Wellington

Martelize Brink, bekende RSG-omroeper se splinternuwe resepteboek, Martelize Kook!, is verlede Saterdag by Perfect Place in Wellington bekend gestel.


Martelize Brink, bekende RSG-omroeper se splinternuwe resepteboek, Martelize Kook!, is verlede Saterdag by Perfect Place in Wellington bekend gestel.

Volgens Martelize is kosmaak en die versamel van interes­sante resepte haar lewenslange passie. Sy het in ’n huis groot­ge­word waar al die huismense ’n besondere passie vir kosmaak gehad het. Haar pa, wyle ds. Matie Brink van die Paarl, word steeds beskou as Suid-Afrika se potjiekoskoning. Die hele gesin het gehelp om die bestanddele vir Matie Brink se potjiekos­geregte vooraf gereed te maak.

Martelize sê sy weet al haar lewe lank dat sy die een of ander tyd ’n resepteboek die lig sal laat sien.

Martelize Kook! bevat die heel beste van die wye verskeiden­heid resepte wat sy deur die jare versamel het en voorberei het.

“Radiowerk is vir my ’n hoog stimulerende beroep en ek geniet elke oomblik van my werk, maar af en toe neem die drang om aandag aan my eintlike roeping, kosmaak, te gee, oor. Hierdie nuwe resepte­boek onderstreep dit baie duidelik.”

Die bekendstelling van die nuwe resepteboek by Perfect Place is deur Peggy Duvenhage, ’n groot bewonderaar van Martelize, gereël. Meer as 50 Wellingtonners het die byeenkoms bygewoon en meer as 60 eksemplare van die nuwe boek is verkoop.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.