Vier
mense, vermoedelik betrokke by die taxibedryf, is gisteraand (Sondag 7 June) in Mbekweni, tussen Paarl en Wellington, doodgeskiet.

Volgens
beskikbare inligting het die voorval laataand in ‘n opslaanhuis in Drommedaris
plaasgevind waar ‘n groep mans gesit en gesels het. ‘n Onbekende man het die
woning skielik binnegestorm en sonder waarskuwing op hulle begin skiet.

Drie
mans is op die toneel dood en ‘n derde man is na Paarl-hospitaal geneem waar hy
kort na sy aankoms daar oorlede is.  Die slagoffers is nog nie
geïdentifiseer nie.

Die
verdagte het gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die
polisie en forensiese

deskundiges was Maandagoggend steeds op die toneel
besig om die gebied vir leidrade
te fynkam.

Die
polisie vermoed die voorval is moontlik taxiverwant. Sedert die einde van verlede
jaar is ten minste 12 taxibestuurders in ‘n taxi-konflik tussen die Cata
 and
Codeta
taxiverenigings reeds doodgeskiet. Die konflik gaan oor gebiedsmag.

Maandagoggend
was daar ‘n groot polisieteenwoordigheid in Mbekweni in die vrees dat n
óg taxigeweld kan opvlam.

You need to be Logged In to leave a comment.