‘n
Paarlse man het vandag homself aan die Paarl-polisie oorhandig na ‘n beweerde
Islamofobiese aanval op ‘n jong Moslemvrou meer as ‘n maand gelede in die
Paarl.

Asheeqah Benjamin (28) het beweer
dat ‘n man op 7 September in Noorder-Paarl haar tradisionele
sluier-kledingstukke, ‘n niqab en hijab, doelbewus afgeruk het. Die niqab is ‘n
kledingstuk wat deur sommige Moslemvroue gedra word om hul gesigte te bedek, behalwe
die oogarea, terwyl die hijab die kop en bors bedek.

Volgens Benjamin het die man haar
fisies en mondelings ook aangeval. Nadat hy haar niqab en hijab gegryp het, het
die man glo gesê: “Jou Moslem-gemors, dit is
warm.”

Terwyl sy haarself probeer
verdedig het, het haar aanvaller haar ook met ‘n waterbottel gegooi. Sy beweer
ook dat hy gedreig het om haar met ‘n mes te steek en met ‘n klip gegooi het.

Na die aanval is Benjamin
inderhaas terug huis toe en nadat sy haar pa vertel het wat gebeur het, is hy na die
toneel opsoek na die man. In ‘n Facebook-inskrywing het Benjamin gesê dat die verdagte haar pa toe
met ‘n klip gegooi het en hy is met ‘n vuurwapen gedreig.

Benjamin het ‘n saak van
aanranding by die polisie gemaak en ‘n verdere saak van crimia injuria is deur
die polisie bygevoeg, maar die verdagte het verdwyn en kon nie deur die polisie
opgespoor word nie.

Paarl-polisie woordvoerder kaptein
Louise du Plessis, het gesê dat ‘n lasbrief vir die verdagte se inhegtenisname is
uitgereik.

Vandag (15 Oktober) het die
verdagte, Jaco Stander, in die teenwoordigheid van sy prokureur by die Paarl-polisiestasie
aangemeld waarna Stander in hegtenis geneem is. Hy het kortliks in die Paarl
Magistraats hof verskyn en die saak is uitgetsel tot 21 Oktober. Hy bly in
aanhouding.

You need to be Logged In to leave a comment.