Die voertuig wat Sondag 31 Augustus op die R101 in die Paarl gerol het. Foto: Mike Charlie 1/ Facebook

Een persoon is dood en nog een is in ‘n kritieke toestand nadat hulle in die vroeë oggendure van Sondag 31 Augustus in ‘n ongeluk op die R101 in Paarl betrokke was.

Volgens Kurt Maske, ‘n plaaslike paramedikus, was dit ‘n enkelvoertuigongeluk met twee insittendes. “Ek het die oproep oor ‘n voertuig wat gerol het omstreeks 01:50 ontvang. Ek en Metro-ambulaansdienste het op die ongeluk gereageer,” sê Maske.

“Met ons aankoms was een persoon reeds op die toneel oorlede. Beide persone is uit die voertuig geslinger. Die pasiënt wat oorleef het, was in ‘n kritieke toestand. Ons het eers daardie pasiënt gestabiliseer en na die hospitaal vervoer.”

Beide persone wat in die ongeluk betrokke was, is mans. Die oorledene se ouderdom is nie bekend nie, maar die persoon in ‘n kritieke toestand is 22 jaar oud.

Die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium onbekend.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article