Die toneel in Jan van Riebeeckweg waar ’n man Sondagoggend dood is toe ’n bloekomboom op hom geval het. Foto: Verskaf


’n Man, vermoedelik ’n sekuriteitswag, is Sondagoggend (7 April) opslag dood toe ’n bloekomboom op hom geval het terwyl hy glo besig was met patrollie op ’n vierwielmotorfiets by die Diemersfontein-wynlandgoed in Wellington.

Die voorval het omstreeks 09:00 in Jan van Riebeeckweg plaasgevind, toe verskeie dele van die Drakenstein-vallei stormsterk wind ervaar het, het ’n betroubare kontak met die plaaslike nooddienste aan Paarl Post gesê.

“Hy het volgens gerugte met ’n vierwielmotorfiets langs die draad gery om seker te kyk of alles nog in orde is.

“Dit was ’n geval van op die verkeerde tyd, op die verkeerde plek – die wind waai toe ’n boom om en dit val bo-op hom.”

Volgens die kontak is die man op die toneel dood verklaar.

Paarl Post het uitgereik na die polisie in Wellington vir kommentaar oor dié voorval, wat later bygevoeg sal word.

Intussen is talle inwoners in onder meer Smartietown in Paarl-Oos dakloos gelaat, toe ’n brand wat vermoedelik deur die wind aangehits is, by ’n ry informele strukture uitgebreek het.

’n Aantal informele strukture is Sondagoggend in S

’n Aantal informele strukture is Sondagoggend in Smartietown, Paarl-Oos in ’n brand verwoes. Foto: Skermgreep

Verskeie strukture in Wellington het ook brandskade opgedoen weens ’n veldbrand wat laat Saterdagaand (6 April) hier ontstaan het.

Die Wes-Kaapse rampbestuursentrum het intussen gewaarsku dat die gure weer tot laat Maandagaand (8 April) kan voortduur.

You need to be Logged In to leave a comment.