’n Veertigjarige man van Languedoc is Dinsdag met 18 sakkies tik en drie Mandraxtablette in Gif-plakkerskamp, Pniël, betrap. Volgens die Groot-Drakenstein-polisie se woordvoerder, sers. Julian Martin, is hy op aanklag van handel in dwelms in hegtenis geneem en het dieselfde dag in die Franschhoek-landdroshof verskyn. “Die polisie het ’n wenk uit die gemeenskap ontvang en gevolglik optredes in die omgewing uitgevoer. Die inligting is deur AO C. Adams, sers. E. Dlaza en konst. A. Fourie opgevolg. Die polisie waardeer die samewerking van die gemeenskap om misdaad te bekamp,” het Martin gesê.