Die toneel waar ’n jong man Maandag by die Hugenote-treinstasie in die Paarl vermoor is.


’n Man is Maandag 2 Oktober in die vroeë oggendure by die Hugenote-treinstasie in die Paarl koelbloedig afgemaai.

Die omstandighede oor dit wat alles gebeur het, is nog onbekend en die Paarl-polisie het ’n ondersoek na die moord begin.

Kol. Esperanza Beneke, ’n woordvoerder vir die Paarl-polisie, het bevestig dat die slagoffer 24 jaar oud is.

Geen verdere inligting kon bevestig word nie.

Paarl Post het verneem die slagoffer was na bewering ’n inwoner van Mbekweni en is onlangs uit die gevangenis vrygelaat.

Beneke vra enigiemand met inligting oor die voorval moet die Paarl-polisie by 021 807 4000 kontak.

. In the early hours of Monday (2 October) a 24 year old man was shot in cold blood at the Huguenot train station in Paarl.

You need to be Logged In to leave a comment.