Een van die Paarl se gewildste bands, Mallies en die Sakemanne, tree op 22 November onder die skadu van die bome by Einstein Akademie in St. Peter’s Roche, Hoofstraat 585 (Tea Under the Trees) in die Paarl op. Kaartjies kos R150 vir volwassenes, R30 vir kinders 12 tot 18 en is gratis vir jonger kinders. Stalletjies vir eet- en drinkgoed sal beskikbaar wees en die vermaaklike Boesman die Namakwalandse Boerseun tree as seremoniemeester op. Die hekke open reeds om 17:00 en die konsert begin om 19:00. Twee gesinne van vier kan elk ’n gesinskaartjie wen om die konsert by te woon. Stuur jou naam en die naam van die band wat optree per WhatsApp na 066 484 3728.


Mallies en sy ‘Manne’ gaan weer die Paarl laat ruk en rol

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article