Mallies le Roux en sy orkes, Die Sakemanne, hou op Saterdag 13 Augustus ’n vertoning in die Bôrdienghuis-teater op Wellington.
Die vertoning sal ses nuwe komposisies van Mallies insluit. Dear Mr President, Burgerstraat, Whiteboy, I love the blues en Voorbladnooi is almal nuwe komposisies en stories wat saam met die ou gunstelinge opgevoer sal word. Humoristiese sketse oor die lewe en musiek sal oudergewoonte deel uitmaak van die vertoning.
Dit sal die eerste keer wees dat Mallies ’n konsert in sy geboortedorp kom hou waar hy en Breyten Breytenbach in dieselfde skool was. Een van sy liedjies is juis aan dié beroemde skrywer, kunstenaar en digter opgedra. Kaartjies kan bespreek word by besprekings@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.