Malans vier familiebond se

Saterdag het bykans 40 Malans en hul gades die 21ste bestaansjaar van die Malan-familiebond gevier.


Saterdag het bykans 40 Malans en hul gades die 21ste bestaansjaar van die Malan-familiebond gevier.

Hulle wou in herinnering roep die “merkwaardige Malan-families van Leeuwenjacht en Diamant” in die Agter-Paarl en ook die verhaal van Sailor Malan van Groenfontein in die Bovlei Wellington.

Hul besoek het begin met ’n kort toer van Diamant. Daarna is hulle na die opstal van Leeuwenjacht (vandag bekend as Spice Route). Hier is hulle verras met sjokoladeproe. Hierna is die groep na die Wellington-museum. Eerste op die program in die museum was dr. Jan Malan van Bredasdorp wat meer vertel het oor die merkwaardige Malan-familie van Leeuwenjacht.

Volgende op die lys was ’n driegangmaal by Perfect Place regoor die museum.

Terug by die museum het die voorsitter van die Malan-familiebond, Dennis Malan, die groep bekend gestel aan Sailor Malan – nog ’n merkwaardige Malan.

Adolf Gysbert Malan (Sailor) het wêreldbekendheid verwerf met sy vernuf as vegvlieënier gedurende die 2de Wêreldoorlog. Hy was ’n boorling van Wellington.

Dr. Hercules Malan van Polokwane het sy nuwe boek oor die Malans van SA bekendgestel.

Die boek sal in 2018 verskyn wat saamval met die viering van die Hugenote se koms na Suid-­Afrika 330 jaar gelede.

Die dag is afgesluit met ’n besoek aan Leeuwenrivier in Wellington, die oorspronklike plaas van Daniel Malan, die oupa van die Malans van Leeuwenjacht.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.