Wat doen die Drakenstein-munisipaliteit om die Paarlberg te beveilig?
Die brand drie weke gelede is, soos ek verstaan, deur ’n bosslaper veroorsaak, wat wel in die hof verskyn het, maar steeds sien ek kwaaddoeners op die berg rondstap, al beloof die munisipaliteit dat sy green rangers die berg beveilig.
Waar in die Paarl kan ’n mens die buitelug geniet? Deesdae word al hoe meer aanvalle in beide die arboretum en op die berg aangemeld.
Dit is skokkend hoe die munisipaliteit inwoners se belasting vat, maar die minimale doen om sy inwoners te beveilig.