Paarl Post het amptelik ’n inisiatief om winteritems vir minderbevoorregtes in die gemeenskap te versamel, begin.
Die Wellington-gemeenskap word aangemoedig om hul hart oop te maak ten bate van ’n warm winter vir almal vanjaar.
Met die “B-drive” kan mense kreatief dink om te help. Enigiets wat met ’n “B” begin, is welkom. Idees sluit in broeke, baadjies, bersies (komberse) en beanies (musse) wat in ’n B-oks gegooi word.
Bring gerus ’n bydrae na Pam Golding se kantoor op die hoek van Kerk- en Hoofstraat op weeksdae tussen 08:30 en 17:00. Die inisiatief sal tot 31 Julie aangaan. Skenkings sal na ’n liefdadigheidorganisasie geneem word vir mense wat dit die nodigste het.