- 26 Mei: Stokkies-stories
Stories uit die landerye; lekkerlag-staaltjies oor stokkiesdraai wat so eie is aan Wellington en die Boland. Kom luister hoe gesoute storievertellers soos Rita Andreas en ander plaasmense gesels en kom deel jou eie ervaringe. Met musiek deur Neil Büchner. Hierdie program word in samewerking met die Wellington Museum aangebied.
20:00 | R40
Miko, die kind gebore sonder ’n pinkie, verdwyn spoorloos uit die hospitaal oomblikke ná sy geboorte. Die verhaal volg sy lewe nadat hy in mevrou Molle, die armste dame in die straat, se potplant gevind word.
11:00 | R50
- 3 Junie: Pizza & Piano
Kom sluit jou week op ’n hoë noot af by die Bôrdienghuis-teater met ons pizzas uit die houtoond. Ons musikante op die klawers en kerslig daarby skep net die regte stemming vir die res van die naweek. Bring die kinders saam – ons het meer as genoeg vermaak asook toesig vir die jongspan. En wat meer is: kinders kry ’n gratis pizza!
Vanaf 17:00 | Gratis | Besprekings noodsaaklik
- 4 Junie: Oom Goltros vanVerneukpan vertel……
Kom maak jou tuis op die groot oop vlaktes van die Boesmanland en gee jou oor aan die stories soos vertel deur die bekende skrywer, Elias P Nel. Dis lospraat, vaspraat, liegpraat en alle soorte prate! Ware stories, liegstories, skaapskeerstories, stories oor baisekels, spoke en nog wat!
20:00 | R50
- 10 Junie: Shimmy Isaacs – Kô lag saam!
Die bekende komediant, Shimmy Isaacs, is op haar stukke in dié stand-up.
20:00 | R90
- 18 Junie: Twee
Twee, met Herman Kleinhans en Maria Rademan, maak oral opslae nadat hulle in 2015 die wenners van die Afri-visiekompetisie was.
20:00 | R70
- 22 Junie: Chris Chameleon – Firmament
Chris Chameleon se nuwe solo-album word gevier met hierdie gelyknamige produksie. Twaalf splinternuwe liedjies en die verhale daaragter word gekruie met sy gevoelige spitsvondigheid en eerlike vertolkings om gehore te lei na ’n wêreld van droom, wonder en lag.
20:00 | R125
Besprekings en navrae:
Bôdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, h/v Burger- en Malherbe-straat, Wellington
021-8732786 | 073 435 1022 | teater@breytenbachsentrum.co.za