Paarl Mall in samewerking met Paarl Post het pas hul Cinderella-projek bekend gestel.
Indien jy aandrokke, balrokke of matriekafskeidrokke het wat ongebruik in jou kas hang, kan jy dit vir die Cinderella-projek skenk.
Hierdie projek help matriekmeisies wat finansieel sukkel om ’n rok te leen sodat hulle op hul spesiale aand op hul mooiste kan lyk.
Die projek het geen koste daaraan verbonde nie. Die enigste vereiste is dat die meisie die rok laat skoonmaak voordat sy dit terugbesorg.
Hou Paarl Post dop vir nog inligting rakende dié projek.
Mense wat nog rokke wil skenk kan dit by Paarl Post by Newstraat 1A, Paarl of by die kantoor van Paarl Mall se sentrumbestuur, Ceciliastraat, Paarl, aflewer.
Bel Ilse Fourie by 021 870 4601 of stuur ’n e-pos na Ads@paarlpost.co.za.