Ambulanspersoneel ondersoek Maandagoggend die lyk op die toneel terwyl polisiebeamptes toekyk en kanovaarders rustig verby vaar.Foto: Chantélle Hartebeest


Die lyk van ’n man is Maandagoggend (5 Februarie) vroeg deur kanovaarders in die Bergrivier in die Paarl ontdek.

Met Paarl Post se aankoms op die toneel was die plaaslike polisie asook die Wes-Kaapse polisieduikspan reeds teenwoordig. Hoewel die man geen tekens van lewe getoon het nie, is die ambulansdienste ontbied om dubbel seker te maak dat hy wel dood is.

Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, het die man later as Sylvester Sibanda identifiseer.

“ ’n Geregtelike doodsondersoek is deur die Paarl-polisie geopen oor die moontlike verdrinking van ’n man wie se liggaam Maandag (5 Februarie) omstreeks 06:30 deur ’n lid van die publiek in die Bergrivier gevind is.”

Volgens Du Plessis is Sibanda Saterdag (3 Februarie) laas in die Bergrivier Boulevard-gebied lewend gesien.

Hy is die volgende dag (4 Februarie) as vermis aangegee.

’n Lykskouing sal uitgevoer word om die oorsaak van Sibanda se dood vas te stel..The body of a man identified by the police as Sylvester Sibanda was discovered early on Monday morning (5 February) by canoeists in the Berg River in Paarl.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article