Die Paarl-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen ná die ontdekking van ’n man se lyk op Paarlberg.

Die polisiewoordvoerder kapt. Louise du Plessis sê die man se onherkenbare liggaam is Maandag om 11:40 deur verby­gangers in die Kloofstraat-omgewing gevind.

Die omstandighede rakende die man se dood laat talle vraagstukke opduik aangesien sy oorskot geen ooglopende identifikasie getoon het nie.

“Die persoon se ras en die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word. Die oorledene se identiteit is nie bekend nie, en hy het ook nie herkenbare kledingstukke aangehad nie,” verduidelik Du Plessis.

Enigiemand met inligting word gevra om na die Paarl-polisie uit te reik en hulle by 021 807 4009/4179 te skakel.. The Paarl police is currently investigating the death of an unknown male whose body was found by passersby in Paarl Mountain in the Kloof street area on Monday at around 11:40. The cause of death and race is to be determined. Anyone with information is requested to contact the Paarl police.

You need to be Logged In to leave a comment.