TUISKOMSTOER
OKTOBER – NOVEMBER 2024
Luna pak die langpad
Met optredes in die Wes-Kaap, Vrystaat, Noordwes, Gauteng en Oos-Kaap.
Ná ’n opwindende reis van drie maande deur Europa en klein optredes in Nederland, keer Luna terug na Suid-Afrika om in ’n intieme omgewing met haar aanhangers te skakel. Ná haar indrukwekkende dubbelalbum-bekendstelling in April 2024 – met beide Engelse én Afrikaanse albums, Dis die dors en Harmony – bied hierdie toer ’n unieke kans om haar liedere in hul rouste en mees outentieke vorm te ervaar.
Verwag ’n hartlike en gestroopte vertoning, wat die liedjies in hul suiwerste wese ten toon stel, hetsy geïnspireer deur die grootsheid van Calitzdorp se bergtoppe, die rustigheid van Velddrif se Bergrivier, of oomblikke van daaglikse nadenke. Moenie hierdie geleentheid misloop om Luna Paige se musiek op ’n werklik persoonlike en innemende manier te ervaar nie.
Aan die einde van die vertoning sal Luna eksklusiewe USB’s van haar albums en spesiaal vervaardigde Luna Paige-notaboeke beskikbaar hê om te koop.
Kry nou jou kaartjies en wees deel van hierdie onvergeetlike tuiskoms-ervaring waar Luna haar twee jongste albums (beskikbaar op stroomplatforms) bevorder, en stories deel oor haar reise langs die Spaanse Camino, die Weskus van Portugal, die Ooskus van Italië, die platteland in die Suide van Frankryk, die Griekse eilande, die ryk geskiedenis van Athene, en die inspirerende kunservarings in Nederland.
.
Vrydag, 18 Oktober – Paarl – Afrikaanse Taalmonument, Besoekersentrum / Monument Podium – Aandete beskikbaar by die Suikerkan Bistro vanaf 18:00 – Vertoning 20:00 (komplimentêre drankie vanaf 19:30) – R180 – kaartjies beskikbaar aanlyn by Quicket.
Donderdag, 24 Oktober – Durbanville – Die Boer – 20:30 – R200 – Besprekings 021 979 1911 / www.dieboer.com
Sondag, 27 Oktober – Stellenbosch – Daisy Jones Bar – Deure open om 13:00 – Vertoning begin om 15:00 – R175 – kaartjies beskikbaar aanlyn by Quicket.