Laerskool Courtrai vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar. Weens die Covid-19-pandemie is daar ongelukkig baie van die feesaktiwiteite gekanselleer. Elke leerder in die skool het wel ’n feeshoedjie ontvang. Renier Swart (regs, agter) van Val de Vie Properties oorhandig die hoedjies aan die skoolhoof, Jan Brand, en die hoofleiers, Cady de Jager en Henré du Plessis.