Lindenkoor in die Boland en Swartland

Lindenkoor, die jeugkoor van Hoërskool Linden in Johannesburg, besoek vanjaar die Boland, Swartland en Weskus vanaf 24 Junie tot 5 Julie en verskeie uitvoerings gaan in Worcester, Paarl, Wellington, Riebeeck-Kasteel, Darling en Malmesbury gegee word.


Lindenkoor, die jeugkoor van Hoërskool Linden in Johannesburg, besoek vanjaar die Boland, Swartland en Weskus vanaf 24 Junie tot 5 Julie en verskeie uitvoerings gaan in Worcester, Paarl, Wellington, Riebeeck-Kasteel, Darling en Malmesbury gegee word.

Sondag 25 Junie kom Wellington aan die beurt met ’n optrede om 9:00 in die NG Moedergemeente in Kerkstraat. Toegang is gratis, maar donasies sal waardeer word. Die koor tree ook Maandag 26 Junie om 18:00 in NGK Wellington-Noord in MacCronestraat op.

Lindenkoor beskik oor ’n uitgebreide repertorium van hoogstaande gehalte.

Die gehoor kan enigiets te wagte wees as hulle wegval en sing – van Leonard Cohen se Alleluya tot die Gloria van Vivaldi.

Gunstelinge uit bekende musiekblyspele soos Les Mirabeles, Afrikaanse volksliedjies en ballades en selfs Bohemian Rhapsody word gereeld met groot welslae vertolk.

Tans bestaan die koor uit 118 lede, waarvan meer as die helfte seuns is. Hul staan onder die bekwame leiding van Duncan Fourie en word deur Gert Potgieter begelei.

Oor die afgelope 23 jaar het die koor vele gesogte nasionale en provinsiale pryse gewen en ook in die buiteland sy staal gewys. Verlede jaar was hulle die enigste koor wat tot in die finaal van die National Eisteddfod Association gevorder het.

In 2012 en 2007 het Lindenkoor goue en silwermedaljes verower in internasionale kompetisies in Preveza, Griekeland, en in Praag in die Tsjeggiese Republiek.

Hul musiektalent was ook al te sien op televisieprogramme soos Geraas, Villa Rosa en die gewilde joernaalprogram, Pasella. Voorts het die koor al 15 CD’s opgeneem.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.