Ligstraal Skool het onlangs uitrustings aan twee matrikulante van Paulus Joubert Sekondêr geskenk vir hul matriekafskeid. Juanita Jones (links) oorhandig een van die skenkings namens Ligstraal Skool aan die matrikulant Jesmaine Krotz van Paulus Joubert.