Dit is teleurstellend – om die minste te sê – om te hoor dat die munisipaliteit voortgaan met liggies-feeste.

Eerstens – dit ontaard elke jaar in ’n nes van onheil met drank wat in die openbaar misbruik word, misdadigers wat die geleentheid benut om te steel en sommer allerhande ander wetteloosheid wat plaasvind.

Voorheen is selfs moorde by die feeste gepleeg.

Ek het ook gedink met beurtkrag, wat so deel van ons daaglikse leefwyse geword het, dat krag skaars is, en ons weet ook almal dit is baie duur.

Maar nou gaan die munisipaliteit weer eens ons geld mors met ligte wat maande lank onnodig brand.

Dit is ’n algeheel kortsigtige en nuttelose besluit van die munisipaliteit en vermorsing van belastingbetalergeld.


Shona-Lee,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.