Die liggaam van ’n man wat vroeër vandeesmaand as vermis aangemeld is, is verlede Donderdag met ’n kopwond gevind.

Gilroy van Rooy (23) van Lanquedoc is op 4 April deur sy oom as vermis by die Groot Drakenstein-polisie aangegee.

Die polisie het die omstandighede om Van Rooy se verdwyning ondersoek en na ’n intensiewe ondersoek deur die polisie gelei deur AO Gavin Lombaard, het twee verdagtes hulle die plek uitgewys waar Van Rooy se liggaam was.

Van Rooy is vermoedelik dood weens verskeie houe teen die kop met ’n skerp voorwerp.

Een verdagte, Ricardo Moses, is in hegtenis geneem op aanklag van moord.

You need to be Logged In to leave a comment.