Kom geniet Erfenisdag op 24 September met Spoegwolf en kie by die Franschhoek-lentefees.

Benewens die bekende Paarlse rock-band Spoegwolf sal feesgangers vermaak word deur ’n tamaai verskeidenheid musiekkunstenaars, soos Valiant Swart, Koos Kombuis, Early B, Deon Meiring en meer.

Die Lente-fees vind by die ikoniese Hugenote-monument in Franschhoek plaas, waar ’n verskeidenheid kos- en wynstalletjies ook beskikbaar sal wees.

Kom geniet ’n wyntjie, lê op die gras en dans onder die hange van Franschhoek se berge.

Die hekke open om 10:00 en sluit om 19:00.

Mense van alle ouderdomme is welkom, maar onder-18’s sal toegang tot die kroeg geweier word. ’n Bewys van ouderdom (ID) sal vereis word.

Kaartjies kos R300 en is aanlyn by howler.co.za te koop.. Kontak events@fhkforum.co.za vir enige navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.