Vandag, Donderdag 1 September, word lentedag gevier en volgens die weervoorspelling gaan dit ’n pragtige dag wees. Maar hoewel die bloeisels hier en daar al die kop uitsteek, kan koue, nat dae nog verwag word namate die winter steeds weier om heeltemal koers te kies. Saterdag pak die wolke weer saam en reën en koue word tot Maandag voorspel. Volgens vrugteboere gaan die seisoen na verwagting minstens 10 dae “laat” wees weens die laat koue wat die Boland vanjaar getref het. Hier geniet Anemi Bourbon-Leftley en haar seun Michael (3) die “lenteweer” vandeesweek tussen pruimbloeisels op ’n plaas De Zoete Inval.Foto: Lise Beyers


Lente in die lug . . .

You need to be Logged In to leave a comment.