Die jaarlikse Lente-atletiekbyeenkoms vir skole-atletiek is Dinsdag 22 Oktober by die Daljosafat-stadion in Paarl beslis. HMS La Rochelle, HMS Paarl, HJS Paarl, Hoër Landbouskool Boland, Hoërskool Drostdy en Hoërskool Brackenfell het aan dié voorseisoense byeenkoms deelgeneem. Altesaam 20 rekords is verbeter. Die trofeewenners vir die byeenkoms was: Beste prestasie (volgens ASA-puntetabel): Meisies – Janke Oosthuizen (HMS La Rocheel), 13.36 m, 907 ASA-punte. Wisseltrofeë, ouderdomsgroepe: Meisies o.15 en o.17 – HMS La Rochelle. Algehele wenners: Meisies, naaswenners: La Rochelle (457 punte).


Lente-atletiekbyeenkoms lewer baie rekords op

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article