Lelanie Steenkamp (9) van Laerskool Hugo Rust het aan ’n virtuele internasionale danskompetisie, Talent America, deelgeneem. Die beoordeling het in New York plaasgevind en sy het uitstekend gevaar. Sy het eerste plek behaal vir groepdans en is as die naaswenner vir individuele dans aangewys.