Lekker Wildsfees op Wellington

Dis weer tyd vir die immers gewilde Wellingtonse Wildsfees.


Dis weer tyd vir die immers gewilde Wellingtonse Wildsfees.

Op 25-26 Augustus kan inwoners en besoekers smul aan heerlike wildsvleis- geregte vanaf Middelburg in die Karoo.

Vanaf Vrydagmiddag sal daar stalletjies wees, kindervermaak en natuurlik lekker kos. Saterdagoggend skop af met ’n pretdraf om 08:00 waarna ’n heerlike plaasontbyt geniet kan word (kaartjies vooraf te koop). Daar sal ook deurgaans vermaak op die verhoog wees asook gesprekke wat jou dag tot dag denke sal verander. Skryf ook gerus in vir die wildsvleis-potjiekoskompetisie wat ook Saterdag plaasvind.

Saterdagaand eindig die fees met ’n bielie van ’n steak-ete (kaartjies vooraf te koop) met musiek. Vir navrae en om kaartjies vir die etes te bespreek bel die kerkkantoor by 021 873 2690.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.