Hierdie twee jong entrepreneurs van Klein Boishaai, Koch Steyl en Stephaan Spijkerman, het self verlede week ingespring om geld vir die Paarl DBV in te samel. Die leuse van Klein Boishaai vir 2020 is Dien om te groei, en dít het die twee seuns aangespoor om diere sonder huise te help deur self limonade te maak en dit dan te verkoop om geld hiervoor in te samel. Verdere insamelings is reeds gereël vir 8 Februarie en 22 Februarie. Die seuns wil graag dankie sê aan Laborie-sentrum, Woolworths, Linda Groenewald by die DBV en veral aan die inwoners vir hul ondersteuning. Foto: