Voer 2020 al dansende en singende verder saam met Mike & The Harmonix by die buitelugverhoog van Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington hierdie Saterdag (25 Januarie). Dié gewilde rock- en sanggroep het al hul slag by Die Bôrdienghuis gewys met rock-treffers van Abba, die Beatles en die jare 60. Saterdag se Legends of Rock-konsert is die ene musiek en sang uit die 60’s, 70’s, 80’s en 90’s. Die konsert begin 20:00 en pizzas en drinkgoed word van 18:00 af verkoop. Kaartjies kos R150 en kan bekom word by teater@breytenbachsentrum.co.za of by 021 873 2786.