Die leerders van Courtrai Primêre Skool het hul harte oopgemaak en sanitêre doekies aan die plaaslike radiostasie, PaarlFM, se sanitêre doekie-projek geskenk. Elke jaar samel PaarlFM doekies vir minderbevoorregte meisies in. Volgens statistieke verloor baie meisies waardevolle skooltyd omdat hulle nie sanitere doekies kan bekostig nie.