Die gr.7-leerders aan Laer Meisieskool La Rochelle het Dinsdag 10 Februarie aan Internasionale Epilepsiebewusmakingsdag deelgeneem. Juffrou Suné Botha (middel), wat self ’n epilepsielyer is, het alles oor die siekte met die meisies bespreek.