Paarl Mall verwelkom die lenteseisoen deur die skoonheid van die Kaapse Wynlande deur kuns te vier. Die Picture Perfect Paarl-veldtog nooi leerders om te skilder of te teken wat hulle met die Paarl en sy skoonheid assosieer.
Die ses beste werke wat ingeskryf is, sal met pryse bekroon word – vir die individuele leerder sowel as vir die skool wat hulle bywoon.
Leerders wat wil inskryf, kan eenvoudig hul kunswerk by die Paarl Mall-kunsstasie met hul naam, skool en kontakbesonderhede afgee. Die kunswerke sal deur ’n professionele kunstenaar beoordeel word, met sekere kriteria vir die volgende ouderdomsgroepe: laer primêre, hoër primêre en hoërskool.
Die ses wenners sal elk met ’n Fuji Instax Mini 12-kamerakombinasie plus ’n PNA-koopbewys van R1 000 vir hul onderskeie skole beloon word. Ons vra dus alle skole van oor die streek heen om die deelname van hul leerders aan te moedig.
Die beste kunswerke sal in die winkelsentrum se Edgars Court vertoon word.
Daaglikse kunslesse by Paarl Mall
Elke dag word in drie 90-minute-setsessies verdeel, gebaseer op ’n eerste-kom-eerste-bedien-basis. Die R150-inskrywingsfooi sluit ’n groepkunsles, een A4-doek en gebruik van kunsbenodigdhede in. Die kunstenaar gee ook persoonlike wenke aan klein kunstenaars terwyl hulle skilder.
Sitplekke kan ook vooraf bespreek word by Quicket.co.za aangesien plek tot 20 per sessie beperk is.
Na afloop van die sessie kan leerders hul stukke en besonderhede agterlaat om vir die kompetisie in te skryf. Hulle kan ook hul kunswerke huis toe te neem as hulle nie wil inskryf nie.
Die ingeskrewe werke kan ná die wenners se aankondiging op Vrydag 20 Oktober by Paarl Mall-sentrumbestuur afgehaal word.
Die kompetisie sal in drie ouderdomskategorieë met onderskeie beoordelingskriteria verdeel word: gr. 1-4; gr. 5-7 en hoërskool.
Die sessies sal elke dag om 12:00, 13:30 en 15:00 plaasvind, tot Maandag 9 Oktober.
Vir die streek se ontluikende amateurfotograwe sal daar ook ’n aanlyn Facebook-fotografiekompetisie oor dieselfde tydperk wees. Kopers neem bloot foto’s wat volgens hulle die “skoonheid en wese” van die Paarl en die Kaapse Wynlande vasvang en laai dit af.. Besoek die Paarl Mall Facebook-blad vir meer besonderhede en gereelde opdaterings.