Die gr. 11-raad van Hugenote Hoërskool het die afgelope naweek ’n gemeenskapsprojek by Wellington-DBV uitgevoer. Die leerders het voedsel, speelgoed en handdoeke vir die diere ingesamel. Hulle het ook spesifieke plekke by die DBV opgeknap en met kuns versier. Elizabeth Down, kantoorbestuurder by Wellington-DBV, kon nie genoeg haar dankbaarheid vir die projek uitspreek nie. “Hulle het hul tot telefone, sosiale media, familie en vriende en e-pos gewend en nie net al die verf ingesamel wat nodig was om ons speel- en gesinsgebied te versier nie, maar ook genoeg verf om die skenkings/aannemingsmuur op te vrolik. Hulle het ook soveel broodnodige artikels vir ons dierekinders geborg. Nie net die katsand, wat ons altyd kort, het ’n verskil gemaak nie, maar ook die nat en droë kos, veral vir die katjies en hondjies, die lekkernye, komberse en beddegoed. Die koerante kom ook net betyds vir die volgende massa-sterilisasie-program,” het Down gesê.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.