Beplan vroeg vir die komende vakansie en leer hoe om kreatief te skryf.

Die Eugène Marais-kampus bied ’n opwindende kreatiewe slypskool aan vir gr. 8- en 9-leerders as deel van hulle Jeug-innoveringsprogram (JIP). Bekende skrywers leer jou hoe om gedigte, stories en dramas te skryf.

Die werksessie vind van 25-29 Junie plaas en duur van 09:00 tot 14:00 by die Eugène Marais-kampus, Rozenfontein Row, Paarl.

Belangstellendes kan vir Nicolette by e-pos: nicolette@eugene-marais.org.za kontak of bel haar by 076 451 9262.

Koste beloop R250 per leerder.

You need to be Logged In to leave a comment.