Die ACVV Wellington se jaarvergadering is Donderdag 11 Oktober om 10:00 by Silwerkruin.

Die spreker by dié geleentheid is Cheslin Grobbler wat sy inspirerende suksesverhaal met die mense gaan deel.

Cheslin is die eienaar van Fleet Coffee, ’n mobiele koffie-onderneming wat handgeroosterde hoëgehaltekoffie verkoop.

Die finansiële state van die ACVV maatskaplike dienste, Silwerkruin Huis vir Bejaardes en die dienssentrum sal ook beskikbaar wees as enigeen kommentaar daaroor wil lewer.

Alle belangstellendes is welkom.

You need to be Logged In to leave a comment.