Agora Paarl Communicators is ’n klub wat opleiding in kommunikasie en leierskap verskaf. Lede van die publiek kan aansluit en opleiding in Afrikaans en Engels in openbare optrede, leierskap en organisasies ontvang, met deelname en evaluasie in ’n vriendelike en ondersteunende groep wat op die derde Donderdagaand van elke maand gesellig verkeer. Die volgende byeenkoms is op 19 September. Die klub se nuwe bestuur is Carol Retief (middel, president en tesourier) Michelle Sieberhagen (regs, adjunkpresident: gemeenskapsleiding en bestuur) en Paul Germishuizen (links, sekretaris). Sune Sounes (adjunkpresident: bemarking) en Estelle Kellerman (adjunkpresident: lede) is ook op die bestuur. Kontak Retief by 082 5603 270 of Germishuizen by 082 568 9225 vir meer inligting. Foto: