Larries wen vinnige-4-gala

Hoër Meisieskool La Rochelle se swemspan het onlangs deelgeneem aan die fastest 4-gala wat by Hoër Jongenskool Paarl gehou is.


Hoër Meisieskool La Rochelle se swemspan het onlangs deelgeneem aan die fastest 4-gala wat by Hoër Jongenskool Paarl gehou is.

Die gala is deur Bridge House aangebied.

Die Larries het hulle hart uit geswem en eerste gekom in die meisies-afdeling. Hulle het ’n totaal van 54 punte behaal.

In die tweede plek was Hoërskool Parel Vallei van Somerset-Wes met 36 punte en derde was Hoër Meisieskool Bloemhof met 34 punte.

Die koue water en wind het nie die Larries se gees gedemp nie, daarvan getuig die uitslae.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.