Drie leerders aan die Hoër Meisieskool La Rochelle het aan die eindwedloop van die 200 m by die onlangse Wes-Kaap-interprovinsiale atletiekkampioenskap deelgeneem. Brenda du Toit (gr.11, tweede), Elke van der Westhuizen (gr.12, eerste) en Cassandra Malgas (gr.10, vyfde) is bly oor hul prestasies. Brenda is ook aangewys as die beste meisiesbaanatleet vir haar prestasie in die 400 m-hekkies.