Die Hoër Meisieskool La Rochelle se Boland-atlete gaan op 17 en 18 Maart aan die Wes-Kaapse Atletiek-kampioenskap by die Dal Josafat-stadion deelneem. Agter, van links, is Zenade October, Allison van Wyk en Meakuh Cupido. In die tweede ry van bo is Angie Pietersen, Miclynn Africa en Emily Williams. In die derde ry van bo is Larushkah du Plooy, Nina Scheepers, Kiera-Lee Abrahams en Cornelia Destroo. In die tweede ry van voor staan Mia Wilson, Kylie Basson, Ariana Sassoli en Leyla Wagner. Voor staan Ninke Coetzee, Enya Binneman, Zumari Barnard en Minette Retief.