Elke van der Westhuizen, ’n gr. 12-leerder aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, het onlangs erkenning ontvang vir haar prestasies in atletiek vir die afgelope jaar. Sy het vier trofeë gekry wat die Annelize Coetzé-wisseltrofee vir die senior atleet wat die meeste punte by 4M ingebring het, wisseltrofee vir senior baanatleet van die seisoen met hoogste punt op ASA-tabel, Louw-wisseltrofee vir die beste atletiekprestasie van die seisoen en die victrix ludorum se atletiektrofee vir die beste senior atleet van die seisoen, insluit. Elke het ook die nuwe halfkleure-eerbewys vir die prestasies ontvang.


Larries se atleet Elke ryg die trofeë en medaljes in

You need to be Logged In to leave a comment.