Die Hoër Meisieskool La Rochelle se atlete het onlangs aan die Twizza-atletiek­byeenkoms asook aan die Spar se Kwagga-toptien-atletiekbyeenkoms deelgeneem. By die Kwagga-toptien het die A-span se atlete onder die toptien geëindig en algeheel 8 497 ASA-punte gelewer. Die B-span se atlete het derde geëindig en 8 002 ASA-punte behaal. Larries wen 12 goue, 11 silwer- en vier bronsmedaljes. Agter is Cassandra Malgas, Nikki Schonken, Amor Nell, Hana Sullivan en Adrienne Gallop. Voor is Caroline Noyce, Milan Horn, Tonet Tallie, Janke Oosthuyzen en Elke van der Westhuizen.