By die Hoër Meisieskool La Rochelle is almal trots daarop dat hulle nie net die leerders leer om mekaar met liefde, aanvaarding en respek te hanteer nie, maar ook die omgewing.
In reaksie op die wêreldwye beweging dat enkelgebruik-plastiekartikels verban moet word, het die skool besluit om deel te word van die “Rethink the Bag”-veldtog waardeur die skool as ’n plastieksakvrye sone geklassifiseer word.
“Ons is baie trots daarop om deel te wees van hierdie inspirerende inisiatief wat deur Hayley McLellan van die Two Oceans-akwarium begin is in ’n poging om plastiek-inkopiesakke in Suid-Afrika algeheel te verban,” sê Karin Leibbrandt, ’n bemarker by Larries.
Verder sê sy hierdie eed is onderteken in die hoop op ’n skoner, meer volhoubare toekoms vir die land.
. Word deel van die #Rethinkthebag-veldtog en ondersteun La Rochelle HMS in hierdie proses deur die skoolterrein as plastieksakvrye sone te respekteer.