Paarlzicht Primêre Skool het drie Boland-landloopatlete in die Boland-span. Dié atlete het aan die Wes-Kaapse landloopkampioenskap in Strand deelgeneem. Links is die atlete, Matt Jordaan (o.12), Lizelle Botha (o.11) en Ciara Klaasen (o.10) saam met hul trotse onderwyser, Peter Daniels.