Na aanleiding van die DBV se hulpkreet verlede week in die Paarl Post het die seuns van Boland Landbou ingespring om te help en elkeen ’n ou handdoek en ou kombers geskenk vir die Paarl-DBV. Kurt Loots, Hendrik Mouton, JP Hamman en Jacques Theron oorhandig die skenkings aan Lucinda Lübbe van die DBV.Foto: Verskaf