Die Laerskool Paulus Joubert se prefekte vir vanjaar is onlangs aangewys. Die leerders is tydens ’n skoolbyeenkoms vereer waar elk van die leiers hul prefek-balkies ontvang het. By die prefekte is, voor van links, Sylvia Matthee (waarnemende hoof), Keegan Williams (onderhoofseun), Breyton Paulse (hoofseun), Kenneth Uren (waarnemende hoof), Kim Jacobs (hoofmeisie), Logan Manuel (onderhoofmeisie) en Veronique Rhode (koördineerder). Agter in die middel is Godfrey Gertze (waarnemende hoof).