Drie leerders van die Laerskool Courtrai het aan die onlangse Wynland Grand Prix-tennistoernooi deelgeneem. Van links is Münke Blom (7de in o.12-enkels-afdeling), Mienke Troskie (wenner van die o.12 enkels-afdeling), en Lara Schwabe (wenner van o.12 dubbels-afdeling). Die skool is baie trots op al drie meisies.