Die Yutiliti-o.19A-krieketspan van die Hoërskool Labori het die afgelope naweek sy seisoen met die interskolewedstryd teen die Hoërskool Parow afgesluit. Parow het die loot gewen en Labori ingestuur om eerste te kolf. Die Vikings het 355 lopies aangeteken, met Christiaan Wearne wat uiteindelik 135 lopies gemoker het. Labori het Parow tot slegs 53 lopies beperk, met Joshua Gempies wat vyf paaltjies geneem het. Die Yutiliti-Labori-o.19A-krieketspan het dus die somer-interskolekragmeting met 303 lopies gewen. Agter is Nic-Strauss le Roux (afrigter), Xavier Bothma, Ethan Williams, Teagon Roberts, Umr Douman, Shaun Joseph, Morné Kershoff (afrigter), Lucien Visanie en Rudolf Muller (afrigter). In die middel is Leo De Wet, Miguel Britz, Christiaan Kershoff, Christiaan Wearne en Joshua Gempies. Voor is Christiaan Beukes.
Labori-span verreweg die beste
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.