Baie geluk aan die volgende finaliste van die Hoërskool Labori wat met die wentitels weggestap het by die Mnr. en Mej. Labori 2023-geleentheid wat onlangs plaasgevind het. Van links is Zoë September (2de prinses), Nicole Brand (1ste prinses), Cassidy Baadjies (Mej. Labori), Zeke Cameron (Mnr. Labori), Xavier de Wee (1ste prins) en Heinrich Lategan (2de prins).