Deelnemers van reg oor die streek het Saterdag by Paarl Gimnasium aan ’n ligabyeenkoms van Boland Tweekamp deelgeneem. Francois Retief (regs) van Hoërskool Hugenote het die o.15-afdeling vir seuns gewen. Atlete van o.8- tot op meestersvlak is na afloop van die geleentheid gekies om as lid van Boland Tweekamp se A-, B- of Ontwikkelingspanne aan ’n interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn op 1 Februarie 2020 deel te neem.Foto: